Die diskoers van kerst en andere liefdesverhalen deur Kristien Hemmerechts

Du Plessis, W.I. (1998) Die diskoers van kerst en andere liefdesverhalen deur Kristien Hemmerechts. Masters thesis, Rhodes University.

[img]
Preview
Text
DU PLESSIS-MA-TR98-09.pdf

24Mb

Abstract

Die doel van hierdie studie was om aan te toon hoe 'n linguistiese beskouing van 'n literere teks kan meehelp om tot gefundeerde insigte in 'n teks te kom en om langs hierdie weg die beskuldiging dat literatuurstudie grotendeels 'n 'anything-goes-dissipline' is, te omseil. Om hierdie rede is daar van die standpunt uitgegaan dat kennis oor die presiese aard van die tekslinguistiek kan meehelp in die toepassing daarvan. Dit dien as motivering vir die uitgebreide diachroniese situering van die tekslinguistiek van die eerste hoofstuk. Hier word geredeneer dat die tekslinguistiek iets soos 'n pseudo-literatuurteorie is wat kan meehelp in die lees en interpretasie van en kommentaar oor 'n literere teks. Daar is grotendeels gefokus op die literere benaderings wat die ontwikkeling van die tekslinguistiek voorafgegaan en be'invloed het. Daar was drie hoofstrominge t.o.v. tekstuele benadering, nl. (i) tekssentriese (outonomistiese), (ii) linguistiese (taalsentriese), en (iii) lesersentriese benaderings. Die vemaamste tekssentriese (outonomistiese) benaderings is die Russiese Formalisme, New Criticism en Stilistiek op taalkundige grondslag. In die bespreking van hierdie benaderings is dit tel kens in verband gebring met die bestaande teorie oor die tekslinguistiek ten einde die diachroniese aard van die ontwikkelingsgang daarvan, te karteer. Die vernaan1ste eksponente van die linguistiese (taalsentriese) benaderings is die Strukteralisme, Poststrukturalisme en die Semiotiek. Daar is in hierdie afdeling duidelik aangestip hoe die standaarde van tekstualiteit (De Beaugrande en Dressler, 1981), en spesifiek die standaard kohesie, terug te vind is in hierdie benadering tot teksstudie. Die Resepsie-estetika en Referensiele benadering is bespreek as eksponente van die sg. lesersentriese benadering. Die doel hiervan was om aan te dui hoe intertekstualiteit, kontekstualiteit en informatiwiteit as standaarde van tekstualiteit, in hierdie benadering terug te vind is. Met die diachroniese situering in gedagte, is daar in die tweede deel van Hoofstuk Een oorgegaan tot 'n sinchroniese karakterisering van wat die tekslinguistiek behels. In hierdie hoofstuk is daar voortgegaan met die beredenering dat die term diskoerslinguisliek • n meer akkurate benaming is vir 'n dissipline wat meer as net ' teks' in ag neem. Diskoers kan beskou word as 'n reeks taaluitinge wat 'n taalhandeling vorm. Hoewel diskoerslinguisliek die term tekslinguistiek in hierdie studie vervang, is daar duidelik aangetoon dat dit nie die doel het om aardskuddend veranderend te wees nie. Die werkswyse wat in hierdie studie gevolg is, is steeds die van die tekslinguistiek. Om hierdie rede is hierdie gedeelte van die studie grootliks teoreties, dit bespreek die interdissiplinere aard van tekslinguistiekldiskoerslinguistiek, definieer dit, en identifiseer die studieveld van 'teks'. Hierdie identifisering (sintaktiese eenheid, semantiese eenheid en pragmatiese eenheid) funksioneer breedweg as die hoofuiteensetting van hierdie studie. Tog word daar in hierdie studie aangetoon dat daar verskil word van die De Beaugrande en Dressler-aanname dat daar sewe standaarde van tekstualiteit bestaan, en word dit hier gereduseer tot twee superstandaarde, nl. kohesie en koherensie. Koherensie beskik oor sg. 'voorwilardes', nl. intensionaliteit, aanvaarbaarheid, informatiwiteit, kontekstualiteit en intertekstualiteit. Op hierdie wyse word die meganistiese indeling van die oorspronklike sewe standaarde oorkom. In Hoofstuk Twee word die teorie rondom die superstandaard kohesie toegepas op die Nederlandse teks deur Kristien Hemmerechts, Kerst en andere liefdesverhalen. Hierdie hoofstuk het die implisiete doel om aan te toon hoe 'n suiwer strukturalistiese ondersoek na 'n tekstuele gegewe kan meehelp in die identifisering van bepaalde linguistiese patrone wat, indien gesitueer in 'n pragmatiese milieu, bepaalde betekeniswaarde verkry. Verskeie aspekte rondom die konsep 'kohesie' word hier bespreek, o.a. 'n by trek van sg. storiegrammatika van die liefdesverhaal en sprokie ten einde bepaalde taalpatrone te identifiser wat pragmatiese betekenislading het. Hierbenewens word daar suiwer struktureel met die teks omgegaan met 'n identifisering van bepaalde patrone in die adjektief-aanwending, die gebruik van saakname, verwysing, polisemie, sinonimie, teenoorgesteldheid, antonimie, komplementeerbaarheid, ruimtelike opposisie en hiponimie. 'Hierbenewens word kohesiewe-bindingspatronesoos ellips, semantiese rolle en sg. tematiese kontinuHeit bespreek. Die daaropvolgende hoofstuk is 'n bye en bring van die ge"identi±iseerde talige patrone van Hoofstuk Twee en 'n situering daarvan in 'n pragmatiese raamwerk. Koherensie is die somtotaal van eenheid en betekenis soos wat dit in diskoers ervaar word. Dit het betrekking op dit wat bydra dat 'n teks vir taalgebruikers sin maak en samehang vertoon. Aangesien koherensie grootliks steun op die pragmatiek, is die fokus van hierdie afdeling van die studie grootliks pragmaties en word daar aangedui hoe die bestaan van bepaalde koordinate, 'n beginsel van samewerking en 'n spraakhandelingsteorie kan bydra tot gefundeerde insigte in die onderhawige teks.

Item Type:Thesis (Masters)
Uncontrolled Keywords:Linguistic approach, Literary text, Structuralism, Literary analysis, Discourse analysis, Russian formalism, New Criticism, Cohesion, Coherence, Pragmatic framework
Subjects:P Language and Literature > PD Germanic languages. Scandinavian languages
Divisions:Faculty > Faculty of Humanities > School of Languages > Afrikaans and Netherlandic Studies
Supervisors:Bosch, A.B.
ID Code:3139
Deposited By: Philip Clarke
Deposited On:17 Jul 2012 08:12
Last Modified:17 Jul 2012 08:12
0 full-text download(s) since 17 Jul 2012 08:12
0 full-text download(s) in the past 12 months
More statistics...

Repository Staff Only: item control page